Toelae vir kinders met gestremdhede onvoldoende

‘n Navorser aan die Universiteit Stellenbosch, Zara Trafford, sê die sorgafhanklikheidstoelae vir gestremde kinders is onvoldoende. Dit versuim om die maatskaplike beskerming van hul gesinne te verseker. Trafford sê vir gesinne met ‘n minimale of geen ander inkomste nie, kan die toelaag nie die bykomende koste dek om kinder-gestremdheid te hanteer nie. Trafford sê die toelaag is ‘n onderwerp wat nie genoeg nagevors is nie.