Proteas kry voorsmakie van Kiwi-toestande

Krieket: Die Proteas se opwarmingswedstryd teen ʼn Nieu-Seelandse Elftal in Lincoln, het vandag onbeslis geëindig. Suid-Afrika was na 31 beurte op 91 vir twee in die tweede beurt, met ʼn voorsprong van 136 lopies, toe die spelers blad geskud het. Kaptein Neil Brand op 11, Raymond van Tonder op 23 en Clyde Fortuin op 30, het uitgetree. Die eerste toets tussen Nieu-Seeland en die Proteas begin Sondag in Mount Maunganui en die tweede op 13 Februarie in Hamilton.