Elektrisiteit is kern van ontwikkeling

’n Wêreld Ekonomiese Forum-verslag sê dat net sowat die helfte van die mense in Afrika suid van die Sahara toegang tot elektrisiteit het; slegs een derde het toegang tot skoon kosmaakmetodes; en 13 lande het minder as 25 persent toegang tot elektrisiteit. Die kwessie van internetverbinding word ook ‘n probleem aangesien elektrisiteit nodig is vir internetgroei. Die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê totdat die probleme met elektrifisering opgelos is, sal daar altyd ‘n probleem met internetverbindings in die streek wees.