Angolese kinders wat houtlepels verkoop wek groot kommer
Die kwessie van sogenaamde Zemba-kinders van Angola, sommige net vier tot ses jaar oud, wat houtlepels op die strate van Windhoek verkoop is in die nuus. Die kinders se ouers vorm deel van die plakkers by die Katutura-jeugkompleks. Plaaslike regsman Kadhila Amoomo sê die kinders is in gevaar en die kwessie oortree verskeie internasionale verdrae. Hy glo ook dit is ‘n mensehandel-kwessie omdat die kinders so ver as Lüderitz aangemeld is.
Daar word verneem dat die betrokke owerhede wel binnekort ‘n vergadering in die verband sal hou en dat die kwessie aandag sal ontvang.