LIV en PGA moet saamsmelt – McIlroy
Die viermalige Major-wenner, Rory McIlroy, sê dit is belangriker om ‘n samesmelting tussen die PGA-toer en LIV Golf te voltooi as wat dit is om strawwe uit te deel vir oorlopers na die Saoedi-gesteunde toernooi. Hy keer môre terug na PGA Toernooi-aksie by die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië. Tyrrell Hatton van Engeland is die jongste hoëprofiel-speler wat hom by LIV Golf aangesluit het. McIlroy sê, hoe vinniger die samesmelting plaasvind en die beste spelers verenig, hoe beter vir die sport: