Plaaslike inhoud-konferensie vir oliebedryf uitgestel
As gevolg van die oorweldigende reaksie en ongekende belangstelling van beide plaaslike en globale belanghebbendes, is die Namibia Local Content-konferensie wat oorspronklik vir 13 tot 15 Februarie geskeduleer was, uitgestel na 16 tot 18 April op Lüderitz. Die konferensie het ten doel om Namibië se direkte voordeel uit die olie- en gasontdekkings te bevorder, en die aktiewe deelname van verskeie Sleuteldoelwitte van konferensie sluit in die identifisering van leemtes binne die olie- en gasbedryf, die ontwikkeling van geleenthede vir plaaslike deelname aan die waardeketting en om beleggingsgeleenthede vir Namibiërs te genereer.