Voorspellings vir styging in olieprys

Olie het vanoggend effe gedaal na swak ekonomiese data vanuit China, maar, kenners meen pryse sal ten spyte hiervan verder styg oor die konflik in die Midde-Ooste, veral die kwesbare situasie in die Rooisee-gebied. Terwyl China die wêreld se grootste ru-olie invoerder is en sy verlangsaming laer vraag sal laat ontstaan, is die kommer oor die toenemende vyandighede in die Midde-Ooste ‘n dryfveer vir stygings in pryse. Olie het in die afgelope 24 uur met rondom 1,4 persent gestyg. Die kommoditeit verhandel net bo 82 Amerikaanse dollar ‘n vat. Terwyl Namibië se komitee die week oor brandstofpryse vergader, word daar voorspellings van ‘n styging van tussen 40 en 45 sent ‘n liter vir beide petrol en diesel in Suid-Afrika gemaak.