Rusland verwerp Valieva se skorsing

Die Kremlin sê hy aanvaar nie die beslissing van die Hof vir Arbitrasie van Sport wat die Russiese tiener, Kamila Valieva, vir vier jaar geskors het vir opkikkergebruik nie. Die Kremlin se woordvoerder, Dmitry Peskov, het tydens ʼn oproep met joernaliste gesê Rusland sal tot die bitter einde die regte van sy atlete beskerm. Die besluit teen Valieva beteken die Russiese Olimpiese Komitee verloor ook die goue medalje in die spankompetisie op die Winterspele in Beijing in 2022. Peskov sê Rusland sal hulle altyd as Olimpiese kampioene beskou.