Imran Khan kry 10 jaar

’n Hof in Pakistan het Imran Khan vandag tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die uitlek van staatsgeheime. Dit is die swaarste vonnis nog teen die voormalige premier en krieketspeler in verskeie sake wat net dae voor nasionale verkiesings kom. Die spesiale hof het Khan skuldig bevind aan die bekendmaking van die inhoud van ‘n geheime brief wat Pakistan se ambassadeur in Washington aan die regering in Islamabad gestuur het. Shah Mehmood Qureshi, voormalige minister van buitelandse sake, is ook in dieselfde saak tot tien jaar gevonnis.