Okh-inwoners stoei voort

Ontevrede Okahandja-inwoners bevraagteken hoekom hulle in die komende nasionale verkiesing moet stem as hul verkose leiers voortgaan om die pleidooie van die gemeenskap te ignoreer. In ‘n gemeenskapsvergadering wat in Okahandja gehou is, sê die inwoners die kwessies van water, grond en sanitasie bly onopgelos ondanks talle beroepe op raadslede en die munisipaliteit. Die Okahandja-aktivis Sydney Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat hulle vanjaar voor die ministerskantore sal uitkamp totdat hul pleidooie aangehoor word.