Man verdrink by Swakoppoort

’n Volwasse man het laat Dinsdagmiddag in die Swakoppoortdam buite Okahandja verdrink. Inspekteur Maureen Mbeha, bevelvoerder van die Otjozondjupa-polisie sê die duikspanne sal vandag poog om sy liggaam uit te haal. Die identiteit van die oorledene is ook nie bekend nie. Daar is groot uitdagings met mense wat op tuisgemaakte skuite en meer by damme in die land onwettig visvang en dan verdrink. Mbeha sê ‘n ondersoek is van stapel gestuur.