Ambulans-pasiënt met dagga gevang

Die Otjozondjupa-polisie het ‘n 38-jarige man in hegtenis geneem wat meer as ‘n halfkilogram dagga ter waarde van 25 250 Namibiese dollar in ‘n ambulans vervoer het. Die man was ‘n pasiënt en die ambulans was Vrydagmiddag van Windhoek na Outjo onderweg toe dit op die B1-pad buite Otjiwarongo gestop en deursoek is. Die pasiënt sal na verwagting vandag in die Otjiwarongo landdroshof verskyn en die polisie-ondersoek duur voort.