As dit ‘n loopplank is, moet die kat loop

Die Duitse supermodel Claudia Schiffer en haar kat het groot hoofkarakter-energie gegee by die ‘Argylle’ Londense première

Terwyl sy die première by die Odeon Luxe Leicester Square bygewoon het, het sy ook seker gemaak dat Chip baie kameratyd kry – in ‘n perfek gekoördineerde troeteldierdraer.  Die geel en bruin rugsak het ‘n soortgelyke ‘Argylle’-patroon as Schiffer se rok.

Daar is geen twyfel dat rooi tapyte magies is nie. As die klein donkie nie omgee nie, bring haar saam. ‘n Span Huskies? Solank dit bitter koud is en hulle iets kan trek. ‘n Kat? Hy ook – maar op sy eie stoom, miskien moeg oor sy mens gedrapeer, sigbaar onbekommerd deur die applous, of ywerig in ‘n harnas. Net sodat ons weet hy is onaangeraak deur die bohaai. Indien nie, los hom by die huis.

Claudia, koningin van elke modeweek, behoort die kardinale reël van openbare optredes te ken; as dit ‘n loopplank is, moet die kat loop …

Foto: Verskaf