Doen dadelik iets aan waterslaai in Vaalrivier, sê AfriForum

AfriForum vra dat daar onmiddellik en doeltreffend stappe gedoen word om die plaag waterslaai in die Vaalrivierstelsel uit te roei. Dit moet ‘n gesamentlike poging tussen die regering, omgewingsorganisasies en plaaslike gemeenskappe wees. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Lambert de Klerk, sê hulle vra inligting oor die maatreëls wat die departemente van water, en van die omgewing, gaan instel om nie net die kwessie op te los nie, maar om die gesondheid van die Vaalrivierstelsel in die lang termyn te verseker.