Skrap registrasiefooie by universiteite: ATM

Die African Transformation Movement doen ‘n beroep op universiteite om registrasiefooie te skrap in belang van inklusiewe toegang tot onderwys. Die party het die Universiteit van die Vrystaat geprys omdat hy nie meer registrasiefooie vra nie, maar het die Universiteit van die Witwatersrand gekritiseer vir sy hoë aansoekgelde. ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, sê hulle gee toe daar is administratiewe koste verbonde aan die verwerking van aansoeke, maar is van mening die las wat dit op voornemende studente plaas, veral dié uit benadeelde agtergronde, kan nie geïgnoreer word nie.