Unam waarsku oor vals sosiale media-rekeninge

Die Universiteit van Namibië waarsku studente en die publiek dat vals sosiale media-rekeninge wat voorgee om van die universiteit te wees, die rondes doen. Die rekeninge adverteer onder meer gratis aanlyn kursusse, komplimentêre sertifikate, en aanbiedinge vir gratis skootrekenaars. Unam sê geen skakels op die rekeninge moet gekliek word nie want dit kan gebruikers se sekuriteit en bankrekeninge bedreig, en groot skade berokken. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die universiteit se woordvoerder, gepraat wat meer inligting deel.