EU-Verdubbelingsprojek nader einde
Die afsluitingsgeleentheid van die EU-Verdubbelingsprojek vind vandag by Droombos in Windhoek plaas. Die geleentheid is om die suksesvolle samewerking tussen die Europese Unie en Namibië te vier, wat beskryf word as ʼn toonbeeld van vordering met gehalte infrastruktuur en handelsmoontlikhede. ʼn Woordvoerder van die projek, Anna Sjögren, onderstreep die belangrikheid van die projek om ekonomiese groei en handel in Namibië te bevorder. Die loodsprojek van die Kommissie van die Europese Unie het in 2022 begin en aanvanklik 508 miljoen Namibiese dollar in befondsing ontvang. Sjögren sê dit sal na verwagting hierdie maand eindig.