Mutorwa fokus op uitstaande wetsontwerpe
Die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het tydens ‘n persinligtingsessie die nuwe jaar verwelkom, aangesien President Hage Geingob dit die jaar van “verwagtinge en verkiesings” genoem het. Mutorwa het uitgebrei oor wat die jaar inhou en gefokus op die uitstaande wetsontwerpe wat deur die ministerie voorgelê is en nog deur die parlementêre proses moet gaan.