Namibië word warmer, boere moet denke aanpas

Toenemende hitte wek kommer by kundiges in Namibië. Die klimaatverslag vir 2023 is vrygestel en gemeet oor die jaar, was Namibië 0,3 grade Celsius warmer as gedurende die 1991 tot 2020 siklus maar in November verlede jaar was die gemiddelde temperatuur 1,7 grade warmer, met die sentrale noordelike gebiede wat die warmste gekry het. Erge hitte het ‘n reuse impak op akkerbou sowel as graslande, en dus, op veeproduksie. Daar is nie veel wat produsente daaraan kan doen nie al het dit ‘n wesenlike impak op landbou-produksie. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham oor die uitdaging gesels.

Hy het raad vir die landbou-bedryf en sê denke moet verander.