Uitspraak in Noa-verkragtingsaak vandag verwag 

Uitspraak in die verkragtingsaak van die leerlingdokter, Dennis Noa, word vandag in die Windhoek-streekshof verwag. Dit kom nadat dit verlede week Woensdag uitgestel is na landdros Victor Nyazo aangedui het hy nog nie gereed was om uitspraak te lewer nie. Noa word daarvan beskuldig dat hy op 11 April 2021 ‘n 18-jarige manlike breinbeseerde pasiënt verkrag het. Hy ontken die klagtes. Plaaslike media het onlangs berig dat Benny Classen, wat vermoedelik Noa se slagoffer was, dood is. Noa is vry op borg van 10 000 Namibiese dollar wat in Julie 2021 toegestaan is.