Okavango- en Oranje-riviervlakke styg

Vloei in die Kunene-rivier by Ruacana het skerp gedaal na 261,2 kubieke meter water per sekonde en beweeg nou nader aan die vlakke wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die vorige lesing was amper 320 kubieke meter water per sekonde. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê vlakke by die Zambezi-rivier by Katima Mulilo is tans op 1,33 meter. Die Okavango-rivier se vlakke styg steeds geleidelik en by Rundu is 5,41 meter aangteken, baie hoër as verlede jaar. Die Benede-Oranje-riviervlak by Blouputs neem steeds toe en het ‘n watervlak van 3,08 meter aangeteken. Die watervlak vir die rivier is hoër vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.