Verklaar eThekwini ‘n rampgebied: DA

Die DA in KwaZulu-Natal vra dat die eThekwini-munisipaliteit as rampgebied verklaar word. Dit volg nadat oorstromings groot skade in sekere gebiede veroorsaak het wat tot water- en kragonderbrekings gelei het. Die swaar reën het voorgekom terwyl die provinsie van oorstromings vroeër vanjaar probeer herstel waarin 25 mense dood is en tien nog vermis word. Thabani Mthethwa van die DA sê die munisipaliteit het geen poging aangewend om ná die oorstromings van April 2022 veiligheidsmaatreëls in te stel om verliese te beperk nie.