Kentucky mik hoog in toerisme veldtog
Die Lexington Convention and Visitors Bureau het ‘n dapper stap in hul jongste veldtog geneem: Hulle nooi ruimtewesens uit om Kentucky te besoek (die Amerikaanse deelstaat, nie die hoender nie).
Die buro het met wetenskaplikes en geleerdes saamgespan om ‘n boodskap te stuur na die potensieel bewoonbare planete in die TRAPPIST-1 sonnestelsel, wat 40 ligjare weg is. Die boodskap begin deur die welige groen platteland wat Lexington omring, te beskryf. VisitLEX President Mary Quinn Ramer glo dat Lexington die beste plek op aarde is en die ideale plek vir buiteaardse reisigers om ons wêreld te begin verken.
Die boodskap het foto’s van Lexington ingesluit, ‘n oudio-opname van bluesmusikant Tee Dee Young, en ‘n gekodeerde bitmap-beeld met inligting.
Die boodskap sal 40 jaar neem om sy teiken te bereik, en dit kan nog 40 jaar duur voordat ‘n antwoord ontvang word.