DA betwis matriek-uitslae

Die DA sê hy betwis die Departement van Basiese Onderwys se 2023-matriekslaagsyfer van 82,9 persent omdat die ware syfer slegs 55,3 persent is. Baxolile Nodada van die party sê die ware syfer word bereken deur die getal leerders wat uitgeval en nooit matriek gehaal het nie, ook in berekening te bring. Hy sê alhoewel sommige leerders ná graad nege hulle matriek deur tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleiding behaal het, het ʼn groot aantal ophou skoolgaan: