Selfbeheersing asseblief: AU aan Somalië, Ethiopië

Die Komitee vir Veiligheid en Sekerheid van die Afrika-unie vra vir selfbeheersing te midde van die spanning tussen Somalië en Ethiopië oor ʼn ooreenkoms met Somaliland, oor toegang tot die Rooisee. Die raad het magte van buite aangeraai om te hou by die beginsel van nie-inmenging in die interne aangeleenthede van lidlande. Die raad het ʼn beroep gedoen op Somalië en Ethiopië om die groeiende spanning te ontlont en om gesprekke aan te knoop wat kan lei tot ʼn vreedsame oplossing.