Drie mans verkrag gestremde vrou in Oshana

Plaaslike media berig dat ‘n 27-jarige geestelik gestremde vrou by die Onyati-nedersetting in Onyaanya, Oshikoto deur drie mans verkrag is. Volgens berigte het die vrou die mans by ‘n winkel gekry en hulle het haar daar gegryp. Die polisie se streeksbevelvoerder kommissaris Theopolina Kalompo-Nashikaku sê die drie het haar blykbaar met die dood gedreig indien sy iets sou sê maar, sy het haar ouma ingelig oor die voorval. Kalompo-Nashikaku sê twee van die drie, 29 en 32 jaar oud, is reeds gearresteer en sal môre in die landdroshof op Ondangwa verskyn. Die derde verdagte is steeds soek.