EFF lieg doelbewus oor Tshwane adjunkburgemeester se koste
ActionSA sê hy neem kennis van die EFF se doelbewuste wanvoorstelling van die posisie van ʼn adjunkburgemeester in die Stad Tshwane weens die metro se finansiële posisie. Die EFF voer aan die raad moes nie goedkeuring vir die skepping van die pos gegee het nie omdat die metro geen fondse daarvoor het nie. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê die EFF se geveinsde ontsteltenis oor die saak is swak bedekte politiekery: