Verander NSFAS se administrasie, vra ACDP

Die adjunk-president van die ACDP, Wayne Thring, vra ‘n heroorweging van die administratiewe benadering van die buurland se Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Thring staan ‘n volledige verandering voor van die administrasie, en ‘n dringende hersiening van die huidige stelsel, ná die onlangse korrupsie-aantygings teen die hoër onderwys-minister, Blade Nzimande, en die voorsitter van die skema se raad, Ernest Khosa. Die ACDP verwelkom Khosa se vrywillige verlof en vra Nzimande moet dieselde doen.