Dis 7 jaar, parlementstuine word steeds opgeknap

Die parlementstuine is vandag presies sewe jaar gesluit – vir opknappings. Die tuine is op 12 Januarie 2017 toegemaak en verlede jaar is Kosmos 94.1 Nuus ingelig dat alle werk voltooi is behalwe die ablusieblokke wat onder die ministerie van werke val. Daar is toe beaam dat die tuine teen die einde van die jaar oopgestel sou word wat steeds nie die geval is nie. Die parlement se senior inligtingsbeampte Rafael Hangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.