ANC verjaardagvierings bring besigheid
Mpumalanga se lid van die uitvoerende raad vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op mense wat die naweek die ANC se verjaarsdagvierings in Mbombela gaan bywoon om verkeersreëls te gehoorsaam. Wetstoepassers sal slaggereed wees om op enige gebeurtenis te reageer. Berigte dui aan die meeste verblyfplekke is reeds vol bespreek. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê dit is ‘n goeie ding vir toerisme en baie klein sake-ondernemings in en om die stad.