Gryslys sal slegte nuus wees vir ekonomie

’n Hoëvlak-regeringsafvaardiging is tans in die Verenigde Arabiese Emirate om die Finansiële Aksie-taakmag te beywer om Namibië nie op ’n gryslys te plaas nie, soos wat met Suid-Afrika en Nigerië gebeur het. Die besluit sal volgende maand geneem word. Daar is kommer dat Namibië op die gryslys geplaas kan word omdat sperdatums oor belangrike regshervormings wat daarop gemik is om die land se wette teen geldwassery te versterk, misgeloop is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom, oor wat die gryslys vir ‘n land beteken en wat die ekonomiese gevolge is.