Namibië Brouerye stel ‘Vat ‘n sekond”-veldtog bekend
Namibië Brouerye het sy jaarlikse bewusmakingsinisiatief vir verantwoordelike alkohol-verbruik, getitel ‘Vat ‘n sekonde’, onthul en 200 000 Namibiese dollar belowe om padveiligheids-inisiatiewe landwyd te ondersteun. Hul het ‘n bykomende 90 000 dollar aan die Namibiese Polisiemag geskenk, vir verversings by padblokkades asook die Motorvoertuig-ongelukkefonds se padveiligheids-bewusmakingspogings. Die ‘Vat ‘n sekonde’-veldtog spoor mense aan om bietjie te dink voor hul drink en verantwoordelike besluite oor alkoholverbruik te neem.