ANC klap sweep oor verkiesingskandidate
ANC-kandidate vir die 2024-verkiesing moet ‘n na-matriek-kwalifikasie, of die relevante vaardighede hê, om vir nominasie oorweeg te word. Die voorsitter van die party se Verkiesingskomitee, Kgalema Motlanthe, sê indiwidue wat deur die party se interne dissiplinêre komitee skuldig bevind word aan wanoptrede sal nie genomineer word nie. Kandidate moet geen strafregtelike rekord hê of aangekla wees deur die Nasionale Vervolgingsgesag nie. Motlanthe beklemtoon die maatreëls is ontwerp om te verseker die party word verteenwoordig deur geskikte en etiese kandidate. Die nominasieproses vir openbare verteenwoordigers sal volgens beplanning in Januarie eindig.