Bulle verspeel kans om te wen
Rugby: Die Bulle het ‘n gulde kans verbeur vir ‘n seldsame oorwinning in Frankryk toe hulle met 29-28 in ‘n Kampioenebekerwedstryd teen Lyon verloor het. Vroeër was Manie Libbok weer in Kaapstad die held van die Stormers toe hy met ‘n doelskop op die nippertjie gesorg het vir ‘n 21-20-oorwinning oor La Rochelle. In ‘n Uitdaagbekerwedstryd in Johannesburg het die Leeus hulself ‘n vroeë Kersgeskenk besorg toe hulle die jaar op ‘n hoë noot afgesluit het deur die Newcastle Falcons met 35-13 te klop.