DA sê dis alweer McBride en geheime

Die DA in Suid-Afrika sê hy het kennis geneem van die skorsing van die hoof van die Staatsveiligheidsagentskap se buitelandse tak, Robert McBride. Geen redes is vir sy skorsing is verskaf nie. Media het berig dat McBride en nog drie Suid-Afrikaanse agente is ná ‘n mislukte optrede teen insypelaars in Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie gevang en vir nege dae in Maputo gestrand gelaat. Die DA se Dianne Kohler Barnard sê hulle verstaan nie die wolk van geheimhouding oor die skorsing nie.