Vermeende kokaïen-smokkelaars vandag in die hof

Twee Angolese burgers, Antonio Gustavo Mentes, 49, en Paulo De Deus Garcia, 43, sal vandag in die landdroshof in Katutura verskyn. Die twee is op 4 en 9 November by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe voorgekeer met Mentes wat 67 pakkies kokaïen gesluk het en Garcia wat 85 pakkies gesluk het. Die twee het albei vanaf Addis Abeba in Ethiopië in Namibië aangekom. Die polisie sê sy ondersoek toon die koper van die dwelms plaaslik is.