Dangote se raffinadery begin vroeg

’n Mega-raffinadery wat in Nigerië gebou is deur die miljardêr Aliko Dangote het sy eerste vate ru-olie ontvang. Sedert Vrydag is 1 miljoen vate afgelaai. Olieraffinering, wat aanvanklik geskeduleer was vir laat Julie, of vroeg in Augustus volgende jaar, behoort Nigerië in staat te stel om ‘n einde te maak aan gereelde brandstoftekorte, en ook die kwaliteit van brandstof in omloop te verhoog. Nigerië is een van Afrika se grootste olieprodusente, maar voer byna al sy brandstof in weens die mislukking van sy staatsraffinaderye, en brandstoftekorte teister sy inwoners.