Inflasie sal in 2024 verhoog – ekonoom

Die jaarlikse inflasiekoers gedurende November vanjaar het op 5,7 persent gestaan, in vergelyking met 7 persent wat in November 2022 gesien is. Dit is volgens die Namibië Statistieke Agentskap se jongste verslag oor die Verbruikersprysindeks. Dit meld ook dat Namibië se jaarlikse inflasiekoers op 6 persent gestaan het vir Oktober vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm se Halleluya Ndimulunde gepraat, wat voorspel dat die inflasiekoers volgende jaar sal verhoog.