NLU waarsku oor toenemende bedrog

Oor die afgelope paar dae het die kantoor van die Namibiese Landbou-unie verskeie oproepe ontvang oor verskillende tipes kuberbedrog wat tans in omloop is. Hierdie bedrog sluit e-posse in wat klaarblyklik onderskep is gevolg deur telefoonoproepe waar die bedrieërs hul as entiteite voordoen om individue te mislei om sensitiewe inligting soos wagwoorde of kaartbesonderhede bekend te maak. Daar is ’n toename in die aantal mense wat slagoffers van aanlynbedrog word en dit is noodsaaklik om paraat te bly. Lede wat bekommerd is of bedrieglike aktiwiteit vermoed, kan die NLU-kantoor kontak vir bystand.