Strafregplegingstelsel se hervorming ‘ ‘n prioriteit’

Die buurland se Polisie en Gevangenis-vakbond, Popcru, sê die hervorming van die strafregplegingstelsel is nou nie net ‘n noodsaaklikheid nie, maar ‘n nasionale prioriteit. Ná byna drie dekades is die groepering steeds vasgevang in verskeie uitdagings. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê ongelukkig word die stelsel nie gekenmerk deur ‘n enkele probleem wat vinnig opgelos kan word nie, maar deur blokkasies en baie hiervan veroorsaak vertragings in ander dele van die stelsel.