Ronan O’Gara vyfde keer geskors

Rugby: Die Franse span La Rochelle se direkteur van rugby, Ronan O’Gara, mag nie Sondag op die kantlyn wees gedurende die Kampioenebeker-tuiswedstryd teen Leinster nie. Hy is vir ʼn week geskors weens swak dissipline tydens verlede maand se Top 14-wedstryd teen Racing 92. Die voormalige Ierse losskakel is nou reeds vyf keer geskors sedert hy in 2021 by die span aangesluit het, vir ʼn straf van altesaam 21 weke. La Rochelle se vleuel, Teddy Thomas, is intussen vir vyf weke geskors weens ʼn gevaarlike duikslag.