Struggle-veteraan bedank uit ANC oor korrupsie

Die politieke ontleder, Dirk Kotzé, stel voor die bedanking van die struggle-veteraan, Mavuso Msimang, uit die ANC gaan aansienlike simboliese gewig vir die party dra. Msimang, wat ses dekades by die ANC was, het kommer oor die party se beweerde betrokkenheid by toenemende korrupsie as ‘n hoofrede vir sy bedanking genoem. Hy het ekonomiese en maatskaplike uitdagings, soos misdaad en werkloosheid gelys en dit met die ANC verbind. Kotzé sê hy glo Msimang se bedanking kan die veteraneliga binne die party beïnvloed.