Windhoek sakekern se parkeerplekke is leër – hoekom?

Die bekendstelling van die nuwe parkeerbetalingstelsel in Windhoek se sakekern is met gemengde reaksies ontvang, wat uiteenlopende menings binne die gemeenskap weerspieël, met motoriste wat gemiddeld nagenoeg 1 000 Namibiese dollar aan parkering per maand opdok. KeyPlot Investment wat die parkeerbestuur tender het, sê hulle het KP-kaarte bekendgestel, wat motoriste kan afhaal en met geld kan aanvul en nie vir parkering met kontant hoef te betaal nie, maar net ‘n tik. Hul kantore is in die Gutenberg Platz-sentrum. David Angula, bedryfsbestuurder van Key Plot Investments, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar, want die parkering in die middestad is baie leeg.