SA gevra om minder vleis te eet

ProVeg International pleit by Suid-Afrikaners om minder diereprodukte te gebruik as ‘n sleutelstrategie teen klimaatsverandering. Die direkteur van ProVeg, Donovan Will, het tydens COP28 eenkant met Newzroom Afrika gepraat en beklemtoon die globale voedselstelsel speel ‘n deurslaggewende rol in die bereiking van netto-nul-oorgang. Will sê die doel is om 50 persent van diereprodukte teen 2024 met plantgebaseerde en gekweekte voedsel te vervang. Hy beklemtoon die oorgang is ‘n doeltreffende manier om kweekhuisgas-vrystellings te verminder terwyl dit gesondheid bevorder.