Inflasie daal, maar kospryse styg steeds

November se inflasie het ingekom op 5,7 persent, af van die 6 persent wat in Oktober aangeteken is en so ook, November 2022 se syfer van 7 persent. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê groente is op met 16,9 persent en so ook vis. Suiwel en eiers is 12,6 persent duurder met koffie en tee op 11 persent. Suikerprodukte is 10,6 persent duurder en vrugte, 10,3 persent. Brood en grane jaag jou 9 persent meer uit die sak uit met minerale water en koeldrank wat met 8,9 persent op is. Vleis is 5,3 persent duurder en olies en vette het weereens gekrimp en is 1,1 persent goedkoper.