Wes-Kaap kry ultra-moderne ambulanse

Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Ricardo Mackenzie, sê met die naderende feestyd neem druk op nooddienste toe. Dit beteken hulle moet ten volle toegerus en ondersteun word om hulle noodsaaklike werk te verrig. Die eerste 182 nuwe noodvoertuie is gedurende 2022/2023 in diens gestel en die orige 144 gaan tans deur verskeie fases, van bestelling tot vervaardiging en aanpassing. Mackenzie sê onder die voertuie is twee prototipe-ambulanse wat met 360-grade-kameradekking toegerus is.