Arbiters se vaardighede word geslyp

Die Arbeidskommissaris se kantoor het ‘n gespesialiseerde program vir die uitbreiding van vaardighede vir arbiters en beleidsontleders van stapel gestuur. Die opleiding is daarop gefokus om die vaardighede te verskaf wat nodig is om doeltreffend by te dra tot beleidsformulering, en om op hoogte te bly met bedryfspraktyke. Waarnemende arbeidskommissaris Kyllikki Sihlahla verduidelik waarom die opleiding belangrik is.