SA spanne in VRK op volle sterkteDecember 2, 2023
Al Suid-Afrika se spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap sal hierdie naweek op volle sterkte wees ná die terugkeer van hul Springbok Wêreldbeker-wenners. Die Bulle en die Haaie sal vanmiddag om drie-uur op Loftus mekaar die stryd aansê, en om vyfuur sal die Leeus, Wallis se Dragons op Ellispark verwelkom. Net ná sewe-uur sal die Stormers en die Italiaanse span, Zebre, mekaar in Stellenbosch pak. Die Bulle is tans derde op die puntelys, die Leeus is tiende, die Stormers 12de en die Haaie 14de.