Skaapbemarking vertoon uiters goed in K3

Skaapbemarking het baie goed in die derde kwartaal vertoon en syfers van die Vleisraad wat aandui dat bemarking met amper 61 persent teenoor dieselfde periode verlede jaar gestyg het. Uitstekende pryse deur uitvoer-abattoirs, veral Farmers Meat by Mariental, het bygedra tot die goeie bemarking. Van die totaal is net meer as 78 persent op die hoef na Suid-Afrika uitgevoer. Die buurland se uitdagings met dieresiektes, beurtkrag en meer, het sy vleissektor onder druk geplaas.