Israeliese familie glo in bomaanval vermoor

Onderhandelinge tussen Israel en Hamas om die Gaza-skietstilstand te verleng is op die laaste oomblik oorskadu deur ‘n onbevestigde bewering deur Hamas dat ‘n familie van Israeliese gyselaars, insluitend ‘n 10 maande oue baba, vermoor is. Kort voor die finale vrylating van vroue- en kinder-gyselaars, het die militêre vleuel van Hamas gesê die jongste gyselaar, baba Kfir Bibas, is in ‘n vroeëre Israeliese bomaanval dood, saam met sy vierjarige broer Ariel en hul ma. ‘n Israeliese amptenaar sê dit sal onmoontlik wees om die wapenstilstand, wat môre-oggend verval, te verleng sonder ‘n verbintenis om alle vroue en kinders onder die gyselaars vry te laat.